meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Vir jou bedoel

Thursday 7 April 2016

Vir jou bedoel


 
Ek sit hier langs die see en skryf vir jou

Totdat ek die woorde versigtig toevou

En dit dan op die golwe neerlê

 
Dan dryf die wind dit die see in

Tot daar waar die waters begin

Om dit op 'n onbekende strand uit te spoel

 
Liggies wieg dit op die golf se skuim

Dans dit in 'n ligte luim

Totdat jy dit optel en dit lees

 
En al is dit nie vir jou bedoel

Terwyl onsekerheid in jou woel

Is dit spesiaal vir jou bedoel


Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment