meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die son is laat

Thursday 7 April 2016

Die son is laat


Ek is op voordat jy jou kop uitsteek

Voordat jy die nag in stukke breek

Voordat jy jou strale ontplooi

En dit oor die aarde gooi

 
Ek kyk hoe jy oor die horison loer

Totdat jy aan die anderkant af moer

Vandat jou strale met die golwe aanrol

Totdat dit oor die horison spoel

 
En warrnner jy oor die horison gly

Is nog 'n dag verby

En voordat ek weer op sal staan

Gee jy my darm nog die maan

 
So is jou lig altyd om my

Waar jy my ookal kry

Soos ‘n toegewyde maat

Al is jy soms ook laat


Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment