Aangespoor deur avontuur
Al sou dit maande duur
Aan die onbekende se punt
Oor die waters, op die wind
Drie skuitjies word aangewaai
Tot waar die Suid-Ooster draai
Le matrose hulle lewens neer
Aan die skeurbuik se seer
Dan stap hulle uit op ‘n nuwe land
Die Kaap van Storms se sand
‘n nuwe land, ‘n nuwe mens
‘n nuwe tuiste, ‘n wens
Om ‘n nuwe land uit niks te bou
Groente uit die oggend dou
‘n lappie grond vir de Boer
Om swerwende matrose te voer
Lukas Engelbrecht
No comments:
Post a Comment