meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die stryd binne my

Thursday 7 April 2016

Die stryd binne my


Die stryd binne my

 
Rotse, sand en see

Voer my na verre plekke mee

Plekke waar ek nog nie was

Na daar waar siel en liggaam in mekaar pas

 
Want die woorde gryp ek uit die lug

En skryf dit met 'n sug

Want dit wat ek op papier neerlê

Wil nie begryp wat ek wil sê

 
Want die stryd tussen liggaam en gees

Die een geliefd, die ander wees

Die een wat wil en die ander een moet

My keuse wie ek wil groet

 
Al is die groet bitter-soet

Bly die stryd in my woed

Want welke een ek ookal groet

Bly die stryd in my woed


Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment