meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: October 2014

Sunday 12 October 2014

‘n See van woorde

 

Jou skoonheid het my woorde ontneem

Deur die wind oor die aarde heen

Deur riviere weggedra

Na die see wat vra vir meer

 

Bring my woorde met die son

Laat sy strale na my toe kom

Gooi my woorde voor haar neer

Gooi dit deur haar hart se deur

 

Met al my woorde in 'n sak

Gaan ek vir jou 'n koek daaruit bak

Met my liefde versier

Soos  heuning met my woorde bedrup

 

Met my woorde nou in jou hart

In 'n see van woorde

Wat soos golwe oor jou spoel

En speel speel in jou hartjie woel

 

Lukas Engelbrecht

 

Bosbrand in my hart

In my hart brand daar ‘n vuur

Soos ‘n bosbrand wat verteer

In alle rigtings in gestuur

Deur die wind word dit beheer

 

Soos die golwe van die see

Voer dit my mooie liefde mee

En rol dit tot hier teenaan jou

On dit om jou hart te vou

 

Maar agter die vuur lê daar die swart

Van verlange en van smart

Van die liefde lank gelee

Word dit deur die wind toegevee

 

Selfs die rook word weggedryf

Nog ‘n liefde wat van ver af wuif

En dan wegraak in die vreem

En deur die heelal opgeneem

 

Lukas Engelbrecht

 

Tuesday 7 October 2014

Met ‘n posduif

Ek stuur my liefde met 'n posduif die wêreld in

Sodat hy sy soektog na jou kan begin

As hy sy vlerke oor die aarde sprei

En 'n plekkie in jou hartjie kry

 

Stuur die posduif dan weer terug

Want ek wag vir sy teken in die lug

En jou boodskap as hy koer

Wanneer die maan deur my venster loer

 

Maar die nag word donker en koud

En my hart raak stil en benoud

Waar het die posduif dan oornag?

Het ek hom te gou terug verwag

 

Dan lê die goud op die horizon

En in die verte sien ek hom

Afgeets teen  die hemelblou

Gaan jy tog met my wil trou?

 

Lukas Engelbrecht

 

‘n Briefie

Die briefie wat ek vir jou skryf

Het Miskien nie baie om die lyf

Want waar die ink op die papier lê

Kan nie beskryf hoe diep my liefde lê

En die posduif kan nie vir jou sê

Verduidelik hoe graag ek jou hier wil hê

 

Nogtans stuur ek met 'n duif

'n briefie wat van my liefde getuig

En wanneer jy tussen die lyne lees

Roep ek al is my stem al hees

En ek hoop dat jy sal kan verstaan

Dat my liefde oral saam met jou gaan

 

En al kom die posduif nooit weer terug

En al stuur jy hom op 'n ander vlug

Kan jy verseker wees

My liefde sal daar wees

Want my gees het jou gevind

Op die vlerke van die wind

 

Lukas Engelbrecht

 

‘n Appel vir jou

Hier is 'n appel net vir jou

In my liefde toegevou

Kry nog 'n appel van die boom

En laat jou liefde oor my stroom

 

Daar is nog appels aan die bome

Een vir elkeen van jou drome

Daar is 'n tafel vir ons twee

'n ete voorberei vir twee

 

Kom sit nou hier by my

Laat ek vir jou 'n appel kry

Kom geniet die liefde wat ek gee

Laat ons die Paradys betree

 

Hiers nog 'n appel net vir jou

Kry nog 'n appel hier vir jou

Laat ons ons liefde daarom bou

Laat ons dronk word van sy dou

 

Lukas Engelbrecht

 

 

Wednesday 1 October 2014

Kortstondig

Op en bladsy geskrywe

So kortstondig is die lewe

 

Lukas Engelbrecht

 

Sterre aan die hemel

Miljoene sterre aan die hemel

Wat in die donker nag rond wemel

 

 

Lukas Engelbrecht

 

Wat belangrik is

Lank gelede in die Vrystaat

In n Kroonstadse straat

Tussen die wyndampe deur

Die liefde wat net ‘n ma kan gee

 

Van alles wat belangrik was

Van ons drome en ons wense

Van alles het daar niks oorgebly

Net die liefde het gedy

 

In die skool het ons geleer

En ons harte was so seer

As ons nie kom kry wat ons wou hê

Wat na aan ons harte lê

 

Groot geword en getrou

Net om aan ‘n nasie te bou

Ons lewens verruil vir geld

Vir n motor en ‘n held

 

Lukas Engelbrecht