meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: 2016

Wednesday 19 October 2016

Skoonheid omhul jou


Die son kom op om jou skoonheid te aanskou
En jou in sy strale toe te vou
In skaamte laat sak hy sy kop
As hy oor die horizon hop
Want jou skoonheid het hom vervlou
 
 
Lukas Engelbrecht

My idees


Wanneer woorde tussen hemel en aarde lê

En die ink nat in my pen bly lê

Vorm die woorde ‘n nuwe skildery

Iewers diep binne in my

 
Maar wanneer die wind begin waai

En die papier met woorde besaai

Is die boodskap wat dit gee

Vreemder as my eie idee

 

 Lukas Engelbrecht

Thursday 7 April 2016

Die mense op die strand


'n Seksie lyf onder 'n sambreel

Wat my uitsig steel

 
Bene vol selleliet

Op haar maag hang daar 'n tiet

 
Sy maag hang oor se watsegoed

Kaalkop onder sy hoed


Lukas Engelbrecht

Die son is laat


Ek is op voordat jy jou kop uitsteek

Voordat jy die nag in stukke breek

Voordat jy jou strale ontplooi

En dit oor die aarde gooi

 
Ek kyk hoe jy oor die horison loer

Totdat jy aan die anderkant af moer

Vandat jou strale met die golwe aanrol

Totdat dit oor die horison spoel

 
En warrnner jy oor die horison gly

Is nog 'n dag verby

En voordat ek weer op sal staan

Gee jy my darm nog die maan

 
So is jou lig altyd om my

Waar jy my ookal kry

Soos ‘n toegewyde maat

Al is jy soms ook laat


Lukas Engelbrecht

Die stryd binne my


Die stryd binne my

 
Rotse, sand en see

Voer my na verre plekke mee

Plekke waar ek nog nie was

Na daar waar siel en liggaam in mekaar pas

 
Want die woorde gryp ek uit die lug

En skryf dit met 'n sug

Want dit wat ek op papier neerlê

Wil nie begryp wat ek wil sê

 
Want die stryd tussen liggaam en gees

Die een geliefd, die ander wees

Die een wat wil en die ander een moet

My keuse wie ek wil groet

 
Al is die groet bitter-soet

Bly die stryd in my woed

Want welke een ek ookal groet

Bly die stryd in my woed


Lukas Engelbrecht

Vir jou bedoel


 
Ek sit hier langs die see en skryf vir jou

Totdat ek die woorde versigtig toevou

En dit dan op die golwe neerlê

 
Dan dryf die wind dit die see in

Tot daar waar die waters begin

Om dit op 'n onbekende strand uit te spoel

 
Liggies wieg dit op die golf se skuim

Dans dit in 'n ligte luim

Totdat jy dit optel en dit lees

 
En al is dit nie vir jou bedoel

Terwyl onsekerheid in jou woel

Is dit spesiaal vir jou bedoel


Lukas Engelbrecht

Wednesday 2 March 2016

Jan van Riebeeck


Aangespoor deur avontuur

Al sou dit maande duur

Aan die onbekende se punt

Oor die waters, op die wind

 

Drie skuitjies word aangewaai

Tot waar die Suid-Ooster draai

Le matrose hulle lewens neer

Aan die skeurbuik se seer

 

Dan stap hulle uit op ‘n nuwe land

Die Kaap van Storms se sand

‘n nuwe land, ‘n nuwe mens

‘n nuwe tuiste, ‘n wens

 

Om ‘n nuwe land uit niks te bou

Groente uit die oggend dou

‘n lappie grond vir de Boer

Om swerwende matrose te voer

 

Lukas Engelbrecht

Monday 11 January 2016

Paddatjie


Paddatjie

 

Paddatjie hop, hop, hop

Agtervoetjies skop, skop, skop

Tongetjie vang, vang, vang

Vlieggie bang, bang, bang

 
Lukas Engelbrecht