meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: natuur
Showing posts with label natuur. Show all posts
Showing posts with label natuur. Show all posts

Friday, 26 May 2017

Op soek na kossies


Ek delf die dieptes in
Vir water met my kossies in
Van diep onder die aarde uit
Kry ek my kos uit die water uit
 
Want wanneer die lente kom
En die voëltjies kom
Sal hy my met blare aantrek
En kos gee vir die voël se bek
 
Wanneer die herfs my blare verkleur
En dit van my lyf af skeer
En hy laat my naak hier staan
Totdat die voëltjies ook gaan
 
Maar die winter laat my koud
Al staan ek in ‘n woud
Op die oog af dood
As ek my wortels dieper stoot
 
Lukas Engelbrecht
 
 

Thursday, 18 May 2017

Vreet saam

Dis die honde wat my pla
Wat kort kort kos kom vra
Wat saam wil vreet
Aan die vleisie wat ek eet

Ek jag hom weg
Ek sê hom sleg
Ek sê: ”Voertsek
Jou vrek”

Die vleisie wat ek kou
Is nie vir jou
Die oorskiet is vir jou
Oop-bek kan jy kou

Jy gaan ook heen
Met die vet en die been
Waaraan jy heeldag kan vreet
Aan dit wat ek nie wil eet


Lukas Engelbrecht

Nooit vervelig

Dit sal my nooit verveel
Die toneelstuk wat jy speel
Ek kyk vir ure na jou
Hoe jou verhaal ontvou

Ek sien maar net die helfde
Al is dit elke jaar dieselfde
Van die lewe tot die dood
Gaan jou verhaal nogtans voort

Om elke jaar van voor af te begin
Om uit die dode op te staan
Om te baklei vir jou voortbestaan
En altyd te oorwin

Ek verwonder my aan die natuur
Dit wat dit moet verduur
Om op te staan uit die dood
Te groei tot waar dit hoort

Lukas Engelbrecht

 

Toneelspeel

Wanneer die son jou verlig
Is dit ‘n pragtige gesig
Blink en mooi
In wit getooi

Die vorm van jou lyf
Wat hier oor my dryf
Laat my skimme sien
Van beelde of drome, miskien

Die een vorm na die ander
Soos die windjie jou verander
Soos ‘n toneelstuk op die plank
Sweef jy oor die land

Sodat almal jou kan sien
‘n miljoen miskien
Maar net ‘n paar let op
Na die toneelspel bo hul kop

Lukas Engelbrecht

 

Melk vir die plante

Die wolke hang in die lug
Soos melk vir die vrug
Om in druppels af te vloei
Sodat die plante weer kan groei

Maar dit hang nog steeds daar
Waar dit oor die aarde vaar
Om bymekaar te kom
Met ‘n sagte brom

Dan is almal bymekaar
En dan is die gort gaar
Dan raak hulle gemeen
Met die blitse se gedreun

Hulle baklei dat die sop spat
En maak die aarde nat
Soos melk vir die plant
‘n lafenis vir die land

Lukas Engelbrecht

Wednesday, 17 May 2017

‘n Glasie water

Droog staan ‘n stomp
Gestroop van sy romp
Maar deur water omring
Wat sy voeding moes bring

Die mens is ook so
As hy maar net kon glo
Anders sal hy ook vergaan
Waar hy in ‘n dam water staan

Want die dam is die lewe
Alles is gegewe
Maar die voeding vloei verby
Sonder dat hy syne kry

Oorgenoeg om van te drink
Maar nie genoeg word geskink
Net ‘n glassie is sy deel
Het hy himself verbeel

Lukas Engelbrecht

 

Oor die water

Ek huppel oor die water heen
Wat onder my tone kreun
Ek krap sy hare deurmekaar
As ek oor die water vaar

Ek maak golfies op sy rug
En dan staan ek terug
Dan kom ek weer terug
Vir nog golfies op sy rug

Jy kan my hoor, jy kan my voel
Waar ek oor die water woel
Jy kan my nie sien
In die golfies miskien

Op my eie musiek sal ek dans
Gee my net ‘n kans
Ek draai en ek swaai
As ek oor die water waai

Lukas Engelbrecht

Die son se lewe

Ek sê dankie vir die son
Dat hy elke dag op sal kom
Dat hy my lewe gee
En tog ook rus gee

Was dit nie vir jou lig
Had ek ook geen sig
Dan was ek in die donker gehul
En het die donker my ingesluk

Sonder jou sal die dood intree
En alles van die aarde vee
‘n Dorre, koue woestyn
En dan die dood se pyn

Maar jou strale lewe
Die lewe ‘n gegewe
Ek hoop jy gaan nooit af
Want van jou hang die lewe af


Lukas Engelbrecht

Wasem

Agter die horizon kruip hulle weg
En rol dan oor vir die geveg
Dan kom die donder en reën
Maar ons sien dit as ‘n seën

Weant dit is die reën wat die aarde was
Die stof laat terugkeer na waar dit was
En ons staan ons en verwonder
Aan die reën en die gedonder

Dan keer die reën na die rivier
Na die drinkplek van die dier
Om sy tog voort te sit
Op sy seewaardse rit

Net om ‘n volgende keer
Weer terug te keer
En van vooraf te begin
Al is dit net in wasem
 

Lukas Engelbrecht

Monday, 15 May 2017

Opstaantyd

Ek staar na die horizon
Ek wag dat die son op sal kom
Of moet ek hom eers nooi
Om sy strale oor my te gooi

Stadig verkleur die nag
En word die donker sag
Dan loer hy oor die kop
En staan die hele wêreld op

Hy bepaal ons slap en opstaan
Anders sal ons vergaan

Lukas Engelbrecht

So beplan

Ek kyk na die sterre daar bo
En ek probeer hard om te glo
Dat dit deur U so beplan
Of het U dit dalk verban

Lukas Engelbrecht

 

Sunday, 14 May 2017

Klein klein

In die aandlig se ster
Daar doer, daar ver
Wat skyn vir ‘n miljoen jaar
In ‘n oogwink gebaar
Wonder ek hoe klein ek is

Want op die aarde sit ek hier
‘n Klein kolletjie soos ‘n mier
Want die afstand tussen hier en daar
Waar ek na jou staan en staar
Laat my nietig en klein

Hoe sal my verstand kan verstaan
Waaruit die heelal bestaan?
Hoe sal ek ooit weet?
Hoe sal ek dit meet?
Die grootheid om my heen

Maar ek kyk na jou
En jy let nie eers op
En ek sien jou lig
En jy is nie eers bewus
Van die klein, klein kolletjie in die lug

Lukas Engelbrecht

 

Deur die heelal

Grys-bruin hang die horizon aan die hemel
Met sagte wolke wat die spasies vul
Waarvan die aarde nie sal val
Of oor die afgrond hel

Veertjielig bly die aarde sweef
Met miljoene wat daarop leef
Tog sweef hy voort
Deur die heelal voort

 
Lukas Engelbrecht

 

Is dit seer?

Jammer om jou uit te trek
Jou klere van jou lyf te trek
Dit stukkend te skeur
Ek hoop dit is nie te seer

Want in die nartjieskyf
Binne in jou lyf
Lê die geure
Onder daardie klere

 Lukas Engelbrecht

Grys om die lyf

Kaal gestroop van die lewe
Staan hy in die koue en bewe
Want grys is sy lyf
Wat hy die hemele in dryf

Maar gelukkig vir hom
Sal die lente weer kom
Om hom aan te trek
Sy liggaam te bedek

Want lowergroen in die blaar
Wat die eerste lentereën baar
Om my te verwonder
Aan God se wonder
 

Lukas Engelbrecht

Rustig

Rustig luister ek na die natuur
As ek die verte in tuur
Tot daar waar alles eindig 

Na die gezoem van die by
Hier naby myWat werskaf aan sy korf

 Na die voël se lied
Wat die verte in skiet
En ‘n draai maak in my siel

 Die lied van die blaar
Laat my na die hemele staar
En dan is daar die stilte

 
Lukas Engelbrecht