meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: April 2016

Thursday 7 April 2016

Die mense op die strand


'n Seksie lyf onder 'n sambreel

Wat my uitsig steel

 
Bene vol selleliet

Op haar maag hang daar 'n tiet

 
Sy maag hang oor se watsegoed

Kaalkop onder sy hoed


Lukas Engelbrecht

Die son is laat


Ek is op voordat jy jou kop uitsteek

Voordat jy die nag in stukke breek

Voordat jy jou strale ontplooi

En dit oor die aarde gooi

 
Ek kyk hoe jy oor die horison loer

Totdat jy aan die anderkant af moer

Vandat jou strale met die golwe aanrol

Totdat dit oor die horison spoel

 
En warrnner jy oor die horison gly

Is nog 'n dag verby

En voordat ek weer op sal staan

Gee jy my darm nog die maan

 
So is jou lig altyd om my

Waar jy my ookal kry

Soos ‘n toegewyde maat

Al is jy soms ook laat


Lukas Engelbrecht

Die stryd binne my


Die stryd binne my

 
Rotse, sand en see

Voer my na verre plekke mee

Plekke waar ek nog nie was

Na daar waar siel en liggaam in mekaar pas

 
Want die woorde gryp ek uit die lug

En skryf dit met 'n sug

Want dit wat ek op papier neerlê

Wil nie begryp wat ek wil sê

 
Want die stryd tussen liggaam en gees

Die een geliefd, die ander wees

Die een wat wil en die ander een moet

My keuse wie ek wil groet

 
Al is die groet bitter-soet

Bly die stryd in my woed

Want welke een ek ookal groet

Bly die stryd in my woed


Lukas Engelbrecht

Vir jou bedoel


 
Ek sit hier langs die see en skryf vir jou

Totdat ek die woorde versigtig toevou

En dit dan op die golwe neerlê

 
Dan dryf die wind dit die see in

Tot daar waar die waters begin

Om dit op 'n onbekende strand uit te spoel

 
Liggies wieg dit op die golf se skuim

Dans dit in 'n ligte luim

Totdat jy dit optel en dit lees

 
En al is dit nie vir jou bedoel

Terwyl onsekerheid in jou woel

Is dit spesiaal vir jou bedoel


Lukas Engelbrecht