meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Saggies is die stilte

Tuesday 5 February 2013

Saggies is die stilte


Saggies sweef die wolke verby
Waar hulle op die winde ry
Tot anderkant die horizon
Tot anderkant die son

Saggies sweef die voëltjies verby
Waar hulle op die winde ry
Tot anderkant die horizon
Tot anderkant die son

Hoe sal ons ooit verstaan
Waaroor die stilte gaan
Waar die lewe se gang
Op dowe ore val

Die stilte bring ‘n gevoel van vrede
Wat sagkuns rus op jou gemoed
In stilte

Lukas Engelbrecht


No comments:

Post a Comment