meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: September 2015

Wednesday 16 September 2015

Ek verwonderd my


Ek kyk na die foto van jou

En verwonderd my hoe jy ontvou

Nog net ‘n sentimeter of twee

Maar reeds met skoonheid beklee

 
Ek sien hoe jou selle aanteel

Soos die vorming van ‘n juweel

Waaruit daar liefde skyn

Soos uit ‘n fontein

 
Die lewe het ingeskop

Toe jou hart begin klop

En jy liefde wakker maak

Nog ‘n stukkie van my hart ontwaak

 

Lukas Engelbrecht

‘n Nuwe lewe


‘n Nuwe lewe

‘n Nuwe liefde

‘n Nuwe son

‘n Nuwemaan

 
Nogtans onbekend

Alreeds bemind

Nogtans ongesiend

Alreeds geliefd

 
Ek verlang na die dag

Ek kan nie meer wag

Wanneer liefde lewe kry

Met jou by my

 
Lukas Engelbrecht

‘n Wens


In die jare van my grys

Het God my ‘n guns bewys

Deur ‘n wens te vervul

My nageslag aan te vul

 
Want ‘n wens het lewe gekry

Uit liefde, verkry

Piepklein is jou begin

In wording bemin

 
Nou is jy nie net meer ‘n wens

en ook is jy nog nie ‘n mens

en al is die pad nog lank

het ons God reeds bedank

 
Lukas Engelbrecht