meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: 2013

Sunday 21 July 2013

Die einde


Dit is die einde van my bestaan
Dit is nou tyd om huis toe te gaan
Dit is tyd om uit te vind
Waar ek my nou bevind
Miskien sal ek dan weet
Het ek die lewe of het die lewe my beet

Hoe meer ek my kennis verbreed
Lyk dit of ek al hoe minder weet
Hoeveel boeke ek ook al lees
Hoe meer laat dit my wees
Gestroop van kennis van goed en kwaad
En selfs dit sal my nie baat

Net van die dood is ek seker
En staan ek met ‘n leë beker
Dit is tyd om huistoe te gaan
Die einde van my bestaan
Maar self dit is my ontneem
Hoeveel tyd het ek geleen?

Lukas Engelbrecht

Thursday 27 June 2013

Die Lotto


Die Lotto is ‘n wonderlike ding
Wanneer hy sy miljoene bring
Kan ek van die aarde af spring
En saam met die engele sing

Wat ‘n wonderlike ding
Die vrede wat die geldjies bring
Wat my van vreugde laat spring
As die oseaan sy lied vir my bring

Die vrede is ‘n wonderlike ding
Oor die voorspoed wat dit bring
Wat my hart van geluk laat bokspring
As die voëltjies in die bome sing

Die vreugde is ‘n wonderlike ding
Oor die glimlag wat hy bring
Soos ‘n Springbok wil ek spring
Soos ‘n Swaeltjie vir jou sing

Lukas Engelbrecht

Sunday 10 February 2013

Na die reën


Ek hou van die dae as dit reën
Dan voel ek God het my geseën
En al bring dit die koue en nat
Sal die voëltjies in die poeletjies bad

Na die reen is alles weer skoon
Die stof van die bome se kroon
Vasgevang in ‘n druppeltjie dou
Wat die hele wêreld omvou

Glinsterind op ‘n roos se blaar
Waar al die kleure baljaar
En met strale versprei
In die hemelruim vry


Lukas Engelbrecht

Tuesday 5 February 2013

Saggies is die stilte


Saggies sweef die wolke verby
Waar hulle op die winde ry
Tot anderkant die horizon
Tot anderkant die son

Saggies sweef die voëltjies verby
Waar hulle op die winde ry
Tot anderkant die horizon
Tot anderkant die son

Hoe sal ons ooit verstaan
Waaroor die stilte gaan
Waar die lewe se gang
Op dowe ore val

Die stilte bring ‘n gevoel van vrede
Wat sagkuns rus op jou gemoed
In stilte

Lukas Engelbrecht


Monday 21 January 2013

So is ek


Soos die nuwe dag gebore
En die ou dag verloor
So is ek

Uit die baringsnood van die nag
Word vir my gebore ‘n nuwe dag
So is ek

Soos ‘n kind, so stout
Kruip daar oor die horison, goud
So is ek

Lukas Engelbrecht