
Die briefie wat ek vir jou skryf
Het Miskien nie baie om die lyf
Want waar die ink op die papier lê
Kan nie beskryf hoe diep my liefde lê
En die posduif kan nie vir jou sê
Verduidelik hoe graag ek jou hier wil hê
Nogtans stuur ek met 'n duif
'n briefie wat van my liefde getuig
En wanneer jy tussen die lyne lees
Roep ek al is my stem al hees
En ek hoop dat jy sal kan verstaan
Dat my liefde oral saam met jou gaan
En al kom die posduif nooit weer terug
En al stuur jy hom op 'n ander vlug
Kan jy verseker wees
My liefde sal daar wees
Want my gees het jou gevind
Op die vlerke van die wind
Lukas Engelbrecht
No comments:
Post a Comment