
Ek stuur my liefde met 'n posduif die wêreld in
Sodat hy sy soektog na jou kan begin
As hy sy vlerke oor die aarde sprei
En 'n plekkie in jou hartjie kry
Stuur die posduif dan weer terug
Want ek wag vir sy teken in die lug
En jou boodskap as hy koer
Wanneer die maan deur my venster loer
Maar die nag word donker en koud
En my hart raak stil en benoud
Waar het die posduif dan oornag?
Het ek hom te gou terug verwag
Dan lê die goud op die horizon
En in die verte sien ek hom
Afgeets teen die hemelblou
Gaan jy tog met my wil trou?
Lukas Engelbrecht
No comments:
Post a Comment