meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: March 2016

Wednesday 2 March 2016

Jan van Riebeeck


Aangespoor deur avontuur

Al sou dit maande duur

Aan die onbekende se punt

Oor die waters, op die wind

 

Drie skuitjies word aangewaai

Tot waar die Suid-Ooster draai

Le matrose hulle lewens neer

Aan die skeurbuik se seer

 

Dan stap hulle uit op ‘n nuwe land

Die Kaap van Storms se sand

‘n nuwe land, ‘n nuwe mens

‘n nuwe tuiste, ‘n wens

 

Om ‘n nuwe land uit niks te bou

Groente uit die oggend dou

‘n lappie grond vir de Boer

Om swerwende matrose te voer

 

Lukas Engelbrecht