
In die diepste gedagtes wat in my wese sit
Plant ek ‘n kaalgatperskepit
Teleurgesteld en baie geskok
Bring dit nie die sap van die wingerdstok
Want die perskepit bring voort
‘n perske na sy soort
Dan ruk ek die perskeboom uit
En gooi dit deur die ruit
Waar hy eenkant lê en vrek
Plant ‘n druiwepit in sy plek
Totdat hy sy trosse gee
Sal ek hom van my water gee.
Want soos ek my gedagtes verander
Sal my lewe verander
Iewers diep in my klapperkop
Lewer dit sy trosse op
In sy sap kan ek verdrink
‘n positiewe gedagte vir my skink
Lukas Engelbrecht
No comments:
Post a Comment