
Hierdie is ‘n dag om te sê: “Ek het jou lief”
‘n dag om te dink aan hoe lief ek jou het
Om na te dink oor ons lewe saam
Deur alles waardeur ons moes gaan
Jy is die sonstraal in my lewe
Jy is my God gegewe
Jy is die glinster van die ster in die nag
Jy is die skitter van ‘n diamond in die dag
Jy is die lied van die oseaan
Die melodie van die bloekomlaan
Jy is die tortelduif se koer
Wat die windjie aanroer
‘n Dag om te dink aan my liefde vir jou
En ‘n lewe wat ons saam moes bou
En al is die ouderdom nou maar eenmaal ons lot
Bly jy een van die mooiste skeppings van God
Lukas Engelbrecht
No comments:
Post a Comment