meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: October 2016

Wednesday 19 October 2016

Skoonheid omhul jou


Die son kom op om jou skoonheid te aanskou
En jou in sy strale toe te vou
In skaamte laat sak hy sy kop
As hy oor die horizon hop
Want jou skoonheid het hom vervlou
 
 
Lukas Engelbrecht

My idees


Wanneer woorde tussen hemel en aarde lê

En die ink nat in my pen bly lê

Vorm die woorde ‘n nuwe skildery

Iewers diep binne in my

 
Maar wanneer die wind begin waai

En die papier met woorde besaai

Is die boodskap wat dit gee

Vreemder as my eie idee

 

 Lukas Engelbrecht