meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: July 2013

Sunday 21 July 2013

Die einde


Dit is die einde van my bestaan
Dit is nou tyd om huis toe te gaan
Dit is tyd om uit te vind
Waar ek my nou bevind
Miskien sal ek dan weet
Het ek die lewe of het die lewe my beet

Hoe meer ek my kennis verbreed
Lyk dit of ek al hoe minder weet
Hoeveel boeke ek ook al lees
Hoe meer laat dit my wees
Gestroop van kennis van goed en kwaad
En selfs dit sal my nie baat

Net van die dood is ek seker
En staan ek met ‘n leĆ« beker
Dit is tyd om huistoe te gaan
Die einde van my bestaan
Maar self dit is my ontneem
Hoeveel tyd het ek geleen?

Lukas Engelbrecht