meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: June 2013

Thursday 27 June 2013

Die Lotto


Die Lotto is ‘n wonderlike ding
Wanneer hy sy miljoene bring
Kan ek van die aarde af spring
En saam met die engele sing

Wat ‘n wonderlike ding
Die vrede wat die geldjies bring
Wat my van vreugde laat spring
As die oseaan sy lied vir my bring

Die vrede is ‘n wonderlike ding
Oor die voorspoed wat dit bring
Wat my hart van geluk laat bokspring
As die voƫltjies in die bome sing

Die vreugde is ‘n wonderlike ding
Oor die glimlag wat hy bring
Soos ‘n Springbok wil ek spring
Soos ‘n Swaeltjie vir jou sing

Lukas Engelbrecht