meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: January 2013

Monday 21 January 2013

So is ek


Soos die nuwe dag gebore
En die ou dag verloor
So is ek

Uit die baringsnood van die nag
Word vir my gebore ‘n nuwe dag
So is ek

Soos ‘n kind, so stout
Kruip daar oor die horison, goud
So is ek

Lukas Engelbrecht