meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: December 2012

Thursday 20 December 2012

'n Sug

Soos ‘n siel wat swerf in die woestyn
Met die son wat hel oor my skyn
Voel ek eensaam en alleen
Met niemand om op te steun

Verlate, vergete, eensaam en alleen
Staan ‘n enkele boom en kreun
Swaar druk die stilte op my neer
Tot die wind maak my seer

Geen verligting vir my siel
Wanneer ek lag of huil of kniel
Alleen en naak staan die boom
Ver verwyderd van ‘n stroom

Die son brand hard
Neer op my smart
Nie ‘n wolkie in sig
Net ‘n laaste sug

Lukas Engelbrecht