
In my bedjie lê ek en wag
Op ‘n kussing lê my koppie sag
Vir Klaasvakie om te kom
Met sy ruggie krom
Saggies kom hy verby
Soos die windjie hier om my
En strooi sy sandjies sag
Tot ek slaap sit hy en wag
Lukas Engelbrecht
In my bedjie lê ek en wag
Op ‘n kussing lê my koppie sag
Vir Klaasvakie om te kom
Met sy ruggie krom
Saggies kom hy verby
Soos die windjie hier om my
En strooi sy sandjies sag
Tot ek slaap sit hy en wag
Lukas Engelbrecht
Elke oggend word ek wakker
Met die geraas van my wekker
Sukkel sukkel staan ek op
Want my jeug is lankal op
Die ouderdom kou aan my bene
En bring ook ander skete
Maar vir elkeen is daar n pil
As ek van nog ‘n pyn wil gil
Soos die wekker om en om
Kan ek my jeug in ‘n dag opsom
Want vinnig gaan die dae verby
Totdat jy aan die ouderdom ly
Maar die ouderdom se dae is lank
voel jy elke dag se krank
Totdat jy eendag gaan le
En jou laaste sê sê
Lukas Engelbrecht
So word ons groot
Met botter en brood
Met n kam in die kous
En n brill cream kuif
En die meisie op die hoek
Om wie die manne kloek
So word ons groot
Met meisies en brood
Lukas Engelbrecht
Oop lê die vlaktes die hemel in
Tot tussen die sterre in
Daar stap ek rond
Tot by die einde se gapende mond
sal ek omdraai of sal ek spring?
Wat sal die oplossing bring?
Spring ek vind ek dalk uit
En Miskien is ek dalk spyt
Draai ek om en vergeet daarvan
Maar gaan ek dit kan verban
Vind ek uit wat ek nie wil weet
Of probeer ek dit vergeet
L.C.J. Engelbrecht
Sy bly daar anderkant die spoor
In ‘n sinkdakhuisie in die onderdorp
‘n ou Cortina in die motorhuis
Nog een vir parte agter die huis
Maar ek wil haar hê
Maak nie saak wat ander sê
Elke dag dink ek aan haar
Al my liefde net vir haar
In die sinkdakhuisie waar sy woon
Ja, ek weet dis nie te skoon
Op die rusbank kuier ons
Op ‘n kussingtjie van dons
Maar die sinkdak kort ‘n verf
En al die hoenders op die werf
Maak date k verlang
Na die meisie oor die spoor
Lukas Engelbrecht
Jou boot het weer vertrek
Wat verlange in my wek
Weereens seil jy weg
Teen die trane moet ek veg
Ver oor die oseaan
Ver weg het jy gegaan
Oor die horison se nek
Daar waar die son gaan sak
Weer het jy weggegaan
En my net hier laat staan
Net die see en lug se blou
Het jou siluet vervlou
Jy het my weer verlaat
Wat gaan ek nou weer maak
Hoe gaan my more lyk
As die donker oor my daal
Wens ek dat ek jou kan gaan haal
Lukas Engelbrecht
Met die wolke stuur ek jou
My liefde soos die oggend dou
So bedek dit jou
Soos my liefde aan jou klou
Met die windjie bring ek jou
My liefde draai om jou
So is my liefde vir jou
Soos die stof wat aan jou klou
Ek stuur my liefde net vir jou
Omdat ek van jou hou
En my arms wil ek vou
Om jou liefde vas te hou
Met sy strale stuur ek jou
My liefde skyn ek net vir jou
En die nag kan dit nie vervlou
As my liefde aan jou hartjie klou
Lukas Engelbrecht